Local newsNews

Kaycee Fincham herwin bewussyn na motorongeluk in Limpopo

Die pad na herstel begin nou vir die 15-jarige Kaycee na 'n grusame motorongeluk.

Dié 15-jarige Kaycee Fincham, wat op 26 Desember ernstig in ’n motorbotsing beseer is, het haar bewussyn herwin.

Sy was ’n passasier in die voertuig wat die lewe van Wendy Oertel (38) geëis het.

Die bestuurder, Heino Meiring (18), Oertel en Kaycee was vanaf die ATKV Eiland Spa in ’n sportnutsvoertuig na die Laeveld onderweg.

Hulle was ongeveer 30 km van die oord af toe hulle net ná 09:00 trompop met ’n minibustaxi gebots het. Oertel, wat glo agter gesit het, is opslag dood.

Kaycee het volgens bronne voor langs Heino gesit.

LEES OOK: Laeveld-vrou op haar verjaardag op Limpopo-pad dood

Volgens haar besorgde pa, Kelvin, het die impak van die botsing haar met lewensbedreigende beserings gelaat.

Sy is tans in ’n stabiele toestand, met breke aan haar kaak en neusholte, krake aan vier van haar werwels, beserings aan haar milt en lewer, asook bloeding en vog op haar longe.

LEES OOK: Cyzelle Fincham: ‘Ek kon die hemel sien’

“Vandag was ’n baie goeie dag. Sy was vir die eerste maal ten volle by haar bewyssyn, en ons kon lekker met haar gesels omdat die swelling van haar kakebeenoperasie verminder het,” sê Kelvin.

Hy sê dat Kaycee besig is om goed te herstel aangesien die dreineringstelsels op beide haar longe goed werk.

Hy sê dat sy vandag begin drink het en self ’n happie of twee jellie geëet het.

Alhoewel haar toestand verbeter is sy steeds in Mediclinic Nelspruit se intensiewe sorgeenheid.

Haar mediese span glo dat sy binnekort regop sal kan sit.

Sy sal ook met verdere rehabilitasie begin om weer te kan loop.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button