Local news

Ontmoet Wynand du Toit die gasspreker

Op 27 Maart gaan Wynand du Toit bywoners se vrese en vrae oor Suid-Afrika by die Witrivier Geloftefeesterrein aanspreek. Lees meer hier oor Du Toit, wat bywoners gaan adviseer oor hoe die voortbestaan van families in Suid-Afrika vergemaklik kan word.

Wynand du Toit, die leier van Suidland Burgerlike Beskerming, gaan op Maart 27 ’n bring-en-braai-geleentheid by die Witrivier Geloftefeesterrein hou, waartydens hulle die vrese en vrae van die teenwoordiges gaan aanspreek.

Die geleentheid is om 16:00 vir 17:00. Bespreking moet teen 23 Maart by Jan Dreyer by 082 518 0862 gemaak word, om sodoende te verseker dat alle gaste van slaai en braaibroodjies verskaf kan word.

Die gaste word ook gevra om skenkings te maak om sodoende die kostes van die geleentheid te dek. Du Toit gaan die gehoor raad gee oor hoe families hulle se voortbestaan in Suid-Afrika kan vergemaklik.

Du Toit matrikuleer in 1976 aan die Hoërskool Hopefield in die Weskaap. In 1977 sluit hy by die Suid-Afrikaanse Weermag aan en begin sy Staandemag-loopbaan by 4 Suid-Afrikaanse Infanteriebataljon, en daarna by die Infanterieskool in Oudtshoorn.

Na die voltooing van Deel 1 word hy verplaas na 7 Suid-Afrikaanse Infanteriebataljon as ’n pelotonbevelvoerder met die rang van tweede luitenant.

Grensdiens volg, en daarna neem hy aan ’n vormingskursus by die leërgimnasium deel en word gekeur om aan die Fakulteit van Krygskunde van die Stellenbosch Universiteit by die Militêre Akademie te studeer.

Hy verwerf sy BMil in 1981 en word verplaas na 4 Verkenningsregiment te Langebaan. Hy word gekeur en voltooi sy spesialemagtesiklus in 1982. Verskeie spesialiskursusse kwalifiseer hom onder andere as ’n seewaartse operateur.

Wynand en Frances Mostert du Toit. > Foto: Verskaf/Wynand du Toit

In die tydperk 1982 tot 1985 neem hy aan talle operasies deel. Hy voltooi in 1984 ’n vegspankursus en in Mei 1985 word hy in Cabinda in die noorde van Angola tydens ’n skermutseling gewond en gevange geneem.

As ’n kaptein spandeer hy 837 dae in afgesonderde aanhouding in ’n Kubaanse militêre tronk in Luanda. In September 1987 word hy tydens ’n uitruilingsooreenkoms te Maputo, Mosambiek, vrygelaat, waarna hy sy terugkeer tot die weermag maak met die rang van majoor en by GS2 diens doen.

In 1989 word hy bevorder tot die rang van kommandant (lt.kol.) en voltooi hy die veggroepkursus by die SA Leërkollege. Wynand verlaat die mag in Februarie 1990. Hy boer in onder andere in Suid-Afrika, Namibia, Angola en Brazzaville in die Kongo. Hy werk tussendeur in die konstruksie- en transportbedrywe.

In 2017 keer hy terug na Suid-Afrika en skryf hy voltyds. Hy publiseer 10 boeke en doen motiveringsaanbiedinge dwarsdeur die land. In 2018 raak hy betrokke by die Noodplaninisiatief van die Suidlanders.

Wynand stig die Verdedigingsbeen van die Suidlanders in Mei 2019. Dié been begin die Nasionale Oproepsentrum te Upington, asook die radiostasie.

In April 2023 word Suidlandverdediging ’n organisasie sonder winsoogmerk onder die naam Suidland Burgerlike Beskerming. Die verbintenis met die Suidlanders word beëindig. Die oproepsentrum word later die Rampbestuursentrum.

Bespreking: Jan Dreyer – 082 518 0862

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Bertus de Bruyn

Bertus de Bruyn is based in Mbombela, Mpumalanga. De Bruyn has been employed by Caxton since 2009. After a short sabbatical of two years, De Bruyn is back at the place he called home, Caxton, at Lowveld Media. He is currently the digital content manager, but has 14 years of journalism skills, news editor, and acting editor duties behind his name.
Back to top button