Local news
Innibos-kaartjies binne twee uur opgeraap – die feesgees loop hoog!
Die Innibos-gees loop hoog, en die Local is Lekker-aanbod wat op Saterdag 22 Junie by Jonssons Workwear aangebied is, het duidelik gewys dat geesdriftiges gerat vir vanjaar se Innibos is.
Die Local is Lekker- spesiale aanbod vir Innibos-kaartjies is Saterdag 22 Junie binne twee uur uitverkoop!
’n Feestelike atmosfeer het by Jonsson Workwear geheers, en die voornemende feesgangers het vroeg reeds begin toustaan om hulle kaartjies te kry.
LEES OOK: Innibos 2024 beloof om ’n wenresep te wees

Daar was musiek, springmielies, gratis worsbroodjies en ’n springkasteel vir die kinders. Dit het alles daartoe bygedra dat die dag ’n reusesukses was.

Innibos bedank graag Jonsson Workwear, wat hierdie spesiale aanbod aan die plaaslike inwoners moontlik gemaak het.
KLIK HIER: Die Amptelike Innibos-Feesgids vir 2024
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
