Local news

Van die ‘beach’ na die bos – ontmoet nuwe Laevelder redaksielid

Ontmoet Laevelder se nuut aangestelde nuusredakteur en senior joernalis wat Umdloti verlaat het om Mbombela en dié koerant weer haar tuiste te maak.

En wrintiewaar, hier is ek nou, terug in die wieg van my jeug ná kort episodes in Johannesburg, Pretoria en ‘n dekade van living the dream in Umdloti aan die KwaZulu-Natalse noordkus.

As kranige branderplankryer met ‘n 180º seeuitsig van my huis af in ‘n gemeenskap waar ek ontsaglike diep bande gesmee het, het ek nie vir ‘n oomblik gedink ek sou ooit die 568 (soos Umdloti in die omgangstaal bekendstaan) verlaat nie.

Maar toe Laevelder my ‘n loopbaangeleentheid bied wat ek eenvoudig nie van die hand kon wys nie, het ek die mees volwasse besluit van my lewe geneem deur loopbaan bo leefstyl te kies.

LEES OOK: Trusted and relevant local media still going strong

Ek moet bieg, die skuif van vryskutjoernalis in koerant, televisie en radio na ‘n voltydse nuusredakteur- en seniorjoernalisposisie by die Caxton-groep se spogkoerant – die koerant waarmee ek grootgeword het – is ‘n taamlike aanpassing, maar ek werk saam met ‘n lekker span mense en die maatskappy se gees van uitnemendheid inspireer my elke dag.

Tot dusver het die Laeveld my met ope arms ontvang en om amper daagliks ou bekendes raak te loop is vir my ‘n riem onder die hart. Ek sien uit daarna om nie net die gemeenskap te leer ken nie, maar ook ‘n integrale deel daarvan te word.

Ek klou vas aan my oudskoolhoof aan Hoërskool Nelspruit, Corn Booyens, se woorde aan nuwelinge aan die begin van elke nuwe kwartaal: “As jy hartseer is om van jou ou skool afskeid te moes neem en jy mis jou vriende, is jy welkom by NHS, want dit beteken jy sal hier net so lief word vir die mense. Maar as jy bly is om weg van die aaklige plek waar jy vandaan kom te wees, moet jy maar jou tassies pak, want dan gaan jy ook nie hier gelukkig wees nie.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Bertus de Bruyn

Bertus de Bruyn is based in Mbombela, Mpumalanga. De Bruyn has been employed by Caxton since 2009. After a short sabbatical of two years, De Bruyn is back at the place he called home, Caxton, at Lowveld Media. He is currently the digital content manager, but has 14 years of journalism skills, news editor, and acting editor duties behind his name.
Back to top button