Local news

IN FOTOS: Nuwe leesstof vir boekwurmkleuters in Mbombela

Die kinders het soos hulle gunstelingsprokieskarakters vir die prettige geleentheid aangetrek.

Die kleuters by die Bennie Boekwurm Speelgroep in Mbombela het op Vrydag, 20 September, tydens ‘n vrolike boekbekendstelling weer eens lekker nuwe leesstof vir die skoolvakansie gekry.

Die ouers en onderwysers het hul talente en hulpbronne ingespan om twee splinternuwe boeke, wat by die skool se temas pas, saam te stel.

Die eerste boek is ‘n kortverhaal geskryf deur Molly Lubbinge, getiteld Die stories van Sleepslurp, Kortkop en Stompstert.

Lubbinge het aan Laevelder verduidelik dat die hoofkarakters, ‘n olifant, luiperd en kameelperd, elkeen ‘n ongewone eienskap het waaruit waardevolle lewenslesse na vore kom.

“Die boekie leer ons dat ons talente en gawes nie dieselfde is nie, maar met tyd en werk kan ons elkeen uitvind waar ons plekkie in die son is,” het Lubbinge gesê.

Die tweede boek, Woorde vir woelige wurms 2, is propvol pragtige rympies en illustrasies.Die kinders het soos hulle gunstelingsprokieskarakters aangetrek en aan springmielies gesmul terwyl hul vasgenael na voorlesings van stories geluister het.

Die boekies is glo ideaal om vir die kinders gedurende die vakansie of op reis, te lees.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Jacqueline Herbst

Jacqui is an investigative news hound and photographer who has contributed to several prominent publications, including the Sunday Times, The Witness, The Citizen, and a few of Caxton's local titles. She also has experience in TV and radio. Although Jacqui can write about almost anything, her heart is in investigative and sport journalism
Back to top button