Local newsNews

MJ van Staden se trustfonds kry hupstoot

Die LMACS het R60 000 aan MJ se trustfonds geskenk om met sy mediese kostes te help.

MJ van Staden het onlangs ‘n baie belangrike mylpaal in sy rehabilitasie bereik toe hy vir die eerste keer sedert sy besering weer kon opstaan.

MJ is tans in gr. 11 by Hoërskool Nelspruit. Hy het in Julie tydens ‘n rugbywedstryd teen Hoërskool Monument die besering opgedoen toe hy probeer het om ‘n Monument-speler plat te trek. Hy is besig met rehabilitasiewerk op ‘n program van 12 weke lank by die Mediclinic Muelmed Hospitaal in Pretoria.

MJ se lewe het onmiddellik verander, maar dié jong rugbyspeler het nog nooit vir ‘n uitdaging teruggestaan nie. Met meer vasberadenheid as ooit bly MJ sterk aan die gang en toon hy goeie vordering op sy rehabilitasiepad.
Die bewys daarvan is die feit dat hy op 9 November vir die eerste keer sedert sy besering kon staan.

MJ van Staden. > Foto: Michelle Buys

Hy het wel met behulp van sy fisioterapeut en beenstutte dié mylpaal bereik, maar dit is steeds ‘n baie belangrike gebeurtenis vir hom en sy herstelproses. MJ het nog nie spierbeweging getoon nie, maar daar is hope opgewondenheid oor sy vordering tot dusver.

Intussen het die trustfonds wat in MJ se naam geskep is, die MJ van Staden Special Trust, ‘n groot hupstoot van die Lowveld Medical Arts and Cultural Society (LMACS) ontvang. Dié organisasie het op 14 September ‘n fondsinsamelingsaand aangebied toe hulle amper R2 miljoen ingesamel het om vir pediatriese pasiënte te sorg.

LMACS se voorsitter, dr. Attie van Wyk, het daarna ook besluit om van daardie geld aan MJ se trustfonds te skenk. Die oorhandiging van dié skenking het Vrydag by Busamed Laeveld Privaathospitaal plaasgevind, en Van Wyk het vir MJ ‘n spesiale geskenk gegee as ‘n bewys van die skenking – ‘n handgestikte hartjie wat deur een van die

LMACS-dokters se vrou gemaak is. LMACS het altesaam R60 000 aan MJ se trustfonds oorgehandig.

Die handgestikte hartjie wat MJ ontvang het. > Foto: Michelle Buys

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Blake Linder

Blake Linder is based in Mbombela and is a Senior Journalist at the Lowvelder. He carries with him nearly a decade's worth of experience in media. He has previously worked as News Editor, but now primarily focuses on Sport News, having previously won awards for both his sports writing and photography.
Back to top button