Local newsSchools

Dié Bergies blink uit tydens 2024-prysuitdeling

Dié Bergies het regdeur die jaar hul beste gegee.

Laerskool Bergland het op 6 November tydens die jaarlikse Interfase- (gr. 4-7) erkenningsplegtigheid die leerders wat op akademiese, kulturele en sportgebiede presteer het vir hul harde werk deur die jaar beloon.

Daar is ook met die diensbaarheids-toekenning erkenning gegee aan diegene wat altyd bereid was om die ekstra myl vir hulle skool te loop.

Tydens die spoggerige aandfunksie, waarna ‘n handjievol uitgesoekte leerders genooi is, is die skool se uitblinkers vereer. Laerskool Bergland se nuwe hoofleiers vir 2025 is ook tydens dié geleentheid aangekondig.

Spesiale toekennings:
• Duxleerder: Pieter Prinsloo
• Voortreflikste leerder: Annie Bester
• Senior kultuurleerder van die jaar: Detrich de Ruiter
• Senior sportdogter van die jaar: Annie Bester
• Senior sportseun van die jaar: Brian Moosa.

Die leerders wat die skool volgende jaar gaan lei:
• Hoofdogter: Lelani Bothma
• Hoofseun: Charles Schreuder
• Onderhoofdogters: Liani Stassen en Ruby Todd
• Onderhoofseuns: Louis Coetzee en Henro Pringle.

Pieter Prinsloo.
Brian Moosa.
Die skool se nuwe leiers. Agter: Ruby Todd, Liani Stassen, Henro Pringle en Louis Coetzee. Voor: Lelani Bothma en Charles Schreuder.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Blake Linder

Blake Linder is based in Mbombela and is a Senior Journalist at the Lowvelder. He carries with him nearly a decade's worth of experience in media. He has previously worked as News Editor, but now primarily focuses on Sport News, having previously won awards for both his sports writing and photography.
Back to top button