Local newsSchools

Laerskool Nelspruit vereer sy beste leerders van 2024

Die merietetoekenningsaande is oor twee aande gehou.

Laerskool Nelspruit het onlangs sy merietetoekenningsaande gehou.

Op 3 Desember is gr. 1 tot 4 se toekennings aangebied, en op 4 Desember was dit gr. 5 tot 7 se beurt. 2024 se duxleerder is Mignon Basson. Dié leerder word in gr. 7 bepaal deur sy of haar hoogste gemiddelde vanaf gr. 5 tot 7 uit te werk. Mignon se gemiddeld was die hoogste die afgelope drie jaar.

Die juniorkultuurleerder van die jaar is Heidie du Toit, en Heinrich Hofmeyr is die seniorkultuurleerder van die jaar. Elané Janse van Rensburg het die hoof se toekenning vir 2024 ontvang, met komplimente van die skoolhoof, Jaco Hauptfleisch.

Die skool se veelsydigste atleet vir 2024 is Jessica Badenhorst. Dandré Louw is as die sportseun van die jaar aangewys en Kiara Grobler die sportdogter van die jaar.

Kiara Grobler en Dandré Louw.
Skoolhoof Jaco Hauptfleisch en Elané Janse van Rensburg.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Blake Linder

Blake Linder is based in Mbombela and is a Senior Journalist at the Lowvelder. He carries with him nearly a decade's worth of experience in media. He has previously worked as News Editor, but now primarily focuses on Sport News, having previously won awards for both his sports writing and photography.
Back to top button