KYK: Hoërskool Nelspruit se topmatrikulant deel sy geheime tot sukses en meer
Sebastian het in 2024 nege onderskeidings verwerf.
Blake Linder verwelkom Hoërskool Nelspruit se top 2024-matrikulant, Sebastian van Heerden, by die nuutste uitgawe van In die stoel, om oor sy sukses van verlede jaar te gesels.
Sebastian het verlede jaar as die toppresteerder by NHS gematrikuleer en was ook onder die top 10 in Mpumalanga. Hy het onderskeidings in Afrikaans huistaal, Engels eerste addisionele taal, lewensoriëntering, wiskunde, rekeningkunde, lewenswetenskap, rekenaartoepassingstegnologie, besigheidstudies en Alpha-wiskunde behaal.
Alhoewel hy nie verbaas was met sy uitslae nie, sê hy was hy verras om in die provinsie se top 10 te wees. ’n Kultuurman wanneer hy nie sy tyd en energie op sy akademie bestee nie, beplan Sebastian nou om sy ses ‘swakste’ vakke (hier in aanhalings omdat dit glad nie so ‘swak’ is nie) te laat hermerk.
Kyk gerus na die video: