Local news

Rob Ferreira se Saadjies nou amptelik geplant

Die sing van die skoollied en verrigting van die Robbie-klap is 'n belangrike tradisie vir dié skool se gr. 8's.

Ná twee maande van harde werk en ure se oefening, het Hoërskool Rob Ferreira se gr. 8’s verlede week amptelik hulle reis om volwaardige Robbies te word, voltooi.

Dié skool se groentjiekonsert sorg altyd vir groot pret en vermaak. Volgens tradisie word die nuwelinge ‘Saadjies’ genoem en mag hulle ook nie amptelike skooldrag dra tot hulle dié reis voltooi het nie.

Ná die groentjiekonsert, waartydens die Saadjies die skoollied sing en die tradisionele ‘Robbie-klap’ verrig, word hulle as volwaardige Robbies verwelkom. Die tema vir vanjaar se konsert was ‘Rompompo and Juliet – A tale of love – Mzanzi style’. Dié konsert het vir William Shakespeare se Romeo and Juliet ‘n opwindende nuwe baadjie aangetrek.

Die skare het die produksie terdeë geniet, en die Saadjies se bloed vloei nou behoorlik oranje.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Blake Linder

Blake Linder is based in Mbombela and is a Senior Journalist at the Lowvelder. He carries with him nearly a decade's worth of experience in media. He has previously worked as News Editor, but now primarily focuses on Sport News, having previously won awards for both his sports writing and photography.
Back to top button