Local news

Numbies steel die kollig met hul kunstige herwinbare uitrustings

Laerskool Numbi se leerlinge het unieke kledingstukke van 'n wye reeks herwinbare materiaal vertoon.

‘n Herwinningsmodeskou is onlangs by Laerskool Numbi gehou om omgewingsbewustheid te skep en die negatiewe impak van kitsmode uit te lig.

Dit was om kreatiwiteit en volhoubaarheid onder leerders in die grondslagfase aan te moedig.

Modelle het die loopplank betree met ‘n skitterende vertoning van uitrustings wat geheel en al van herwinde en hergebruikte materiale gemaak is.

Die geleentheid het bewys dat mode ook omgewingsvriendelik kan wees.

Wihandré Kotzé en Franco Gouws.

Die kreatiwiteit van leerders het getoon hoe om tweedehandse of herwinbare materiale in styl te omskep.

Die unieke vertoning het kledingstukke van ‘n wye reeks herwinbare materiaal vertoon – koerantpapierrokke, plastiekbottelrokke en bykomstighede van ou CD’s en botteldoppies gemaak.

Elke unieke ontwerp het die leerders se vindingrykheid en die belangrikheid van herwinning ten toon gestel.

Sanelisiwe Tembe.

Hierdie geleentheid was meer as net ‘n modeskou, dit was ‘n kragtige les in omgewingsverantwoordelikheid.

Dit het die leerders oor die krag waaroor hulle beskik om ‘n positiewe impak op die planeet te maak, geleer.

Die skoolgemeenskap hoop om nie net sy leerders te inspireer nie, maar ook gesinne en die breër gemeenskap om volhoubare praktyke te beoefen.

Lienke Booyse

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Tumelo Waga Dibakwane

Tumelo Waga Dibakwane is a seasoned journalist, who started his career in 2012. He is actively involved in a variety of socio-economic stories that affect communities in the Lowveld at a grassroots level. He has covered a myriad of stories, some of which have highlighted the plight of township and village life.
Back to top button