Local news

Mbombela Gholfklub groet ‘n ware gholfikoon, Slang de Lange

Die gedenkdiens vir oom Chris ‘Slang’ de Lange vind Dinsdag, 27 Januarie om 12:30 by Mbombela Gholfklub plaas.

MBOMBELA – Die plaaslike gholf-gemeenskap is in rou nadat een van sy mees geliefde figure, oom Chris de Lange, beter bekend as ‘Slang’, op 13 Januarie oorlede is.

As ‘n langdurige en hoogs gerespekteerde lid van die Mbombela Gholfklub het oom Chris ‘n integrale rol gespeel in die vorming en gees van die Jock of the Bushveld toernooi.

“Slang was ‘n pilaar van die Jock,” het die klub in ‘n verklaring gesê. “Hy sal onthou word vir sy karakter, teenwoordigheid en bydrae tot ons klub en die gemeenskap. Aan Twiggy betuig ons ons innige meegevoel. Ons gedagtes en gebede is met jou in hierdie moeilike tyd. Mag sy siel in vrede rus.”

Oom Chris word oorleef deur sy vrou, Twiggy, sy dogter Angelique, kleindogter Janique, sy suster en swaer, Driekie en Gordon. Sy familie, vriende en medegholfspelers sal hom onthou nie net vir sy liefde vir die spel nie, maar ook vir sy nalatenskap en bydrae tot die klub. ‘n Gedenkdiens sal *Dinsdag by Mbombela Gholfklub om 12:30 gehou word.

Diegene wat hulde wil bring of meegevoel wil betoon, kan Twiggy by 071 483 3011 kontak.

In die gedrukte weergawe van Laevelder se berig oor die gedenkdiens is foutiewelik aangedui dat dit op Saterdag plaasvind. Die korrekte datum is Dinsdag. Laevelder vra om verskoning vir enige verwarring wat dit kon veroorsaak.

Belangstellendes kan die diens ook regstreeks hier volg

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Stefan de Villiers

Stefan de Villiers, based in Mbombela, Mpumalanga, is currently the Editor at Lowvelder. He brings a wealth of knowledge and experience from previous roles at Lowveld Media, such as Sports Editor, Journalist and Photographer. He started on November 1, 2013.
Back to top button