Minions veroorsaak ‘geelkoors’ tydens Komati se gr. 8-konsert
Die Minions het hierdie keer nie probeer om die maan te beroof nie, maar eerder om 'n gehoor vol familie en geliefdes te vermaak.
Die Komatipoort Akademie gr. 8-groep van 2026 is vanjaar amptelik gedoop as die Minions, en wat ‘n skouspel was hul konsert op 29 Januarie!
Ná miljoene jare se gesoek oor die hele wêreld – van Scarlett Overkill tot by Gru – het hierdie klein geel woelwaters uiteindelik besef: die soektog is verby. Hulle het hulle ‘ultimate boss‘ gevind… niemand anders as Komatipoort Akademie se eie skoolhoof, mnr. Gys van der Merwe!
Die nuwe personeel van 2026 het ook gewys hulle staan vir niks terug nie en het – eie aan die KA-tradisie – ook deelgeneem aan die konsert! “Wel gedaan aan elke gr. 8 en nuwe onnie – julle is nou amptelik deel van die Komatie-familie!” het die skool gesê.













