Local news

Willem Botha maak mooi in Mbombela

Willem Botha het sy skoonheidsprodukte aan die gehoor bekendgestel terwyl hy 'n dame grimeer.

Die kekende Afrikaanse sanger, Willem Botha, kan nie net mooi sing nie, maar laat vroue ook soos filmsterre voel met sy eksklusiewe grimeringsreeks.

Hy het Saterdag ‘n grimeringmeesterklas by Blue Gate aangebied waar hy praktiese wenke gedeel het vir wanneer vroue voor die spieël staan om te grimeer.

Antoinette en Kayla Aitchinson.
Antoinette en Kayla Aitchinson.

Hy het die gehoor verwelkom deur een van sy liedjies te sing en daarna vertel hoe hy by die skoonheidswêreld betrokke geraak het. Oor die afgelope 10 jaar het hy as fotograaf gewerk, en sy liefde vir grimeerkuns het gegroei uit sy strewe om hoëgehaltefoto’s te neem waarin vroue soos voorbladmodelle lyk.

Dit het hom geïnspireer om Willem Botha Beauty te stig, waarmee hy reeds groot sukses behaal het. Hy het in sy loopbaan foto’s van verskeie bekendes geneem en selfs voorbladfoto’s vir die tydskrif rooi rose verskaf. Hy het laggend erken dat dit nog altyd ‘n droom van hom was om in die Huisgenoot te verskyn.

Sumanette Stapelberg, Izelma Ferreira en Natasha Koekemoer.

Tydens die meesterklas het hy ‘n vrywilliger uit die gehoor op die verhoog genooi om sy produkte te demonstreer. Hy het raad gegee oor die korrekte gebruik van blosser, onderlaag en verskillende grimeringsborsels, en elke vrou gehelp om die regte onderlaag vir haar velkleur te kies.

Na afloop van die sessie het die vroue heerlik saam gekuier en nie net met nuwe wenke nie, maar ook met hernieude selfvertroue huis toe gegaan.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Gia Radnai

Gia is a senior journalist at Lowvelder and joined the editorial team in 2025. She started her career as a business journalist in 2022 and decided to pursue her dream of becoming a news reporter instead. She believes in giving people a voice and is known for her community and hard news stories.
Back to top button