Local news

Brendan Peyper hou Mbombela-skare warm

Gewilde Afrikaanse sanger Brendan Peyper het Saterdagaand die Mbombela-skare op hul voete gehad. Lees meer hier:

Die dames het ekstra hard geskreeu toe Brendan Peyper Saterdagaand, 7 Maart, op Mustangs – The Dancing Place se verhoog uitstap.

Antoinee Botha, Jurika Barnard en Jeandrié Swanepoel.
Antoinee Botha, Jurika Barnard en Jeandrié Swanepoel.

Peyper het in die Laeveld kom kuier en die gehoor tydens sy vertoning verras met nuwe liedjies en ou gunstelinge.
Hy het laggend vertel dat sy liedjie “Madelein” nie oor ‘n spesiale dame gaan nie, maar oor ‘n buffelkoei.

LEES OOK: Innibos versterk jeugontwikkeling met VIBE-kunsprogram

Peyper en sy vriende het op ‘n jagplaas gaan wild skiet toe die eienaar hom glo vra om ‘n liedjie oor sy buffel te skryf. Peyper was geïnspireer en die liedjie het gevolg.

Bianca en Nico Hall.
Bianca en Nico Hall.

Ten spyte van die koel weer, het Peyper die gehoor warm gehou deur hulle te laat saamsing en -dans op sy gewilde sokkietreffers.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Gia Radnai

Gia is a senior journalist at Lowvelder and joined the editorial team in 2025. She started her career as a business journalist in 2022 and decided to pursue her dream of becoming a news reporter instead. She believes in giving people a voice and is known for her community and hard news stories.
Back to top button