VIDEO | ’n Sirkus soos geen ander – Sirkus L’amour tref Innibos
Twee stelle dubbel kaartjies kan gewen word na die produksie, Sirkus L’amour en die Alewige Getoer .
Bekende akteur Wynand van Vollenstee, ook die skrywer en regiseur van Sirkus L’amour en die Alewige Getoer wat vanjaar by Innibos debuteer, het vanoggend in ’n onderhoud met Laevelder gesels.
Dit beloof om meer as net jou lagspiere te prikkel en dit is een produksie wat ’n MOET is op jou feeslysie.

Lag, drama en ’n skeut chaos, Sirkus L’amour is op pad Innibos toe.
Kyk onderhoud hier:
“Chaos, liefde en ’n bottel…DIS IN! Welkom by Sirkus L’amour en die Alewige Getoer waar niks volgens plan gaan nie… en dis presies hoekom jy wil gaan kyk. Kanonne wat vashaak. Narre wat te veel drink. En ’n sirkus wat stadig in ’n ramp ontaard. Dis lag. Dis drama. Dis pure chaos,” vertel Van Vollenstee
Venue: Laeveld Laerskool
• Wo: 1 Jul 18:00
• Do: 2 Jul 13:00
• Vr: 3 Jul 09:00
• Sa: 4 Jul 15:00
75 min | R195 | Geen o/13 (Taal)
Is jy IN? Kaartjieverkope het vandag, 30 April, geopen. Besoek www.innibos.co.za

