Oud-Robbies hou 60-jaar-reüniefees in Mbombela
Die klas van 1966 het vir 'n spesiale reünie-naweek by Kwanyoni Lodge bymekaar gekom.
Na ses dekades het die 1966-klas van Hoërskool Rob Ferreira die naweek by Kwanyoni Lodge bymekaar gekom om hulle reünie te vier. Oud-leerders het van ver gereis om met 17 vervloë skoolmaats te herenig en terug te kyk na die goeie ou dae.

LEES OOK: Farewell final step to high school
Die skoolgeskiedenis was op ‘n banier aan die oud-Robbies tentoongestel, soos die matriekgroep se voormalige hoof en Grietjie die kanon wat opgehef is.

Hannes Raath, een van die oud-leerders, het sy herinneringe van daardie tyd op Facebook gedeel.
“60 jaar gelede was Witrivier net ‘n paar winkeltjies op pad wildtuin toe, soos vriend Mike Muller altyd geterg het. Maar daar was ‘n skool, Hoërskool Rob Ferreira. Dit was voor Parkville en Kingsview. Dit was die dae toe plaaskinders met die bus skool toe gekom het en rokers pouse agter die handwerksentrum gesit het om oom Rob se beeste te waardeer.”
Alhoewel die naweek te kort gevoel het, sien die oud-Robbies uit om mekaar weer oor 10 jaar te ontmoet.
