Local news

Luna Grant se afsterwe laat groot leemte in die Laeveld

Met elke steek en warm glimlag het Luna Grant 'n nalatenskap geskep wat die Laeveld nie gou sal vergeet nie.

Die afsterwe van Luna Grant van Mbombela word wyd in die Laeveld betreur.

Luna sal onthou word vir haar vriendelike geaardheid, bereidwilligheid om te help en haar kenmerkende breë glimlag waarmee sy kliënte by haar ateljee verwelkom het.

Luna Grant.
Luna Grant.

Met haar kreatiwiteit en vakmanskap het sy talle unieke produkte geskep, van borduurwerk en alterasies tot handgemaakte geskenke vir elke geleentheid.

By Laevelder sal sy veral onthou word vir die besonderse kledingstuk met ’n koerantpapiermotief wat sy vir Innibos 2025 vervaardig het.

Luna Grant.
Luna Grant.

Die kledingstuk, wat tot in die fynste detail afgewerk is, het haar talent en oog vir detail treffend weerspieël.

Intussen stroom huldeblyke van vriende, kliënte en gemeenskapslede op sosiale media in.

“Ai, dis so hartseer. Dis nog só onwerklik. RIV Luna,’ het Ben en Susan Andjelkovic geskryf.

“My liewe, liewe Luna, ons gaan jou mis, meer as wat woorde ooit kan beskryf. Jy was een van die engele wat ons die voorreg gehad het om ‘n vriend te noem. Aan Malcolm en al jou geliefdes – ons dink aan julle,” het Lanie Pieterse gesê.

“So jammer. Ons gaan jou mis, Luna. Ons het altyd so lekker gesels. Sterkte aan die familie,” het Meisie Pieterse geskryf.

“Rus in vrede, Tannie Luna. Jy laat ‘n groot leemte in die Laeveld, veral in Nelspruit. Tannie sal gemis word. Malcolm en die familie, mag God julle die krag gee wat julle nodig het om deur hierdie moeilike tyd te kom,” het Christie Botha gepos.

Begrafnisreëlings sal op ’n later stadium bekend gemaak word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Bertus de Bruyn

Bertus de Bruyn is based in Mbombela, Mpumalanga. De Bruyn has been employed by Caxton since 2009. After a short sabbatical of two years, De Bruyn is back at the place he called home, Caxton, at Lowveld Media. He is currently the digital content manager, but has 14 years of journalism skills, news editor, and acting editor duties behind his name.
Back to top button