BlogsLife is beautiful - with LiezelOpinion

Oor Q20 en Kreepy Krauly’s

ʼn Ruk terug bel my sus van Pretoria benoud. Gil in die foon: “Wat het Suid-Afrikaners ontwerp, uitgedink en ontdek?!” Ek hoor ʼn geween in die agtergrond en wonder wat aangaan.

ʼn Ruk terug bel my sus van Pretoria benoud. Gil in die foon: “Wat het Suid-Afrikaners ontwerp, uitgedink en ontdek?!” Ek hoor ʼn geween in die agtergrond en wonder wat aangaan.

Hou die foon ʼn ent van my oor af. ʼn Mens kan moontlik doof word… “Hoekom?” vra ek versigtig.

Klaarblyklik het Pietman, nou 6, in die wetenskapklas geleer van uitvindings. Sy hart het gebreek toe sy juffrou nie Suid-Afrikaners onder die top-uitvinders lys nie. Bid jou dit aan. Hy is 6, for crying out loud!

Op afkinsider.com lees ek: South Africa has some of the sharpest minds in the world so it’s no surprise that some inventions used across the globe were invented by South Africans, forever changing the face of medicine, technology, and…pool cleaning?

Hier is ʼn paar interessante uitvindings deur Suid-Afrikaners:

Die Kreepy Krauly is in 1974 deur die Suid-Afrikaner Ferdinand Chauvier uitgevind.

CT en CAT-skanderings is vandag onmisbaar in mediese diagnose en behandeling. Godfrey Hounsfield en Allan McLeod Cormack het dit in die laat-1970’s uitgevind.

Sasol het die eerste tegnologie ontwikkel om laegraadse steenkool in sintetiese brandstof en chemikalieë om te sit.

Gervan Lubbe het Tech Pulse in 1993 ontwerp. Tech Pulse stimuleer die liggaam se natuurlike senu-impulse om pyn te verlig en word reg oor die wêreld gebruik.

George Pratley het die welbekende Pratley’s Putty uitgevind terwyl hy ʼn gom probeer skep het om komponente in ʼn elektriese boks bymekaar te hou. In 1969 is Pratley’s Putty gebruik in die bou van die Apollo XI landingsvaartuig.

Dolosse is die massiewe, vreemd-gevormde sementblokke wat ons dikwels langs die kus, veral by hawens, sien. Dit word gebruik om die branders te breek en hawemure en kus-installasies te beskerm. Eric Merrifield het dolosse ontwerp.

Die meeste huishoudings het iewers ʼn blik Q20 wat van tyd uitgehaal word. Q20 is nie sommer enige olie nie en word so suksesvol gebruik omdat dit swaarder as water is. ʼn Mnr. Robertson van Pinetown het dit in 1950 ontwikkel.

Henri Johnson het in 1992 die Speed Gun ontwikkel. Die Speed Gun meet die afstand, spoed en hoek van krieket- en tennisballe, onder andere.

Prof. Vivian Alberts het ʼn mikro-dun metaalfilm by die Universiteit van Johannesburg ontwikkel. Hierdie tegnologie het tot gevolg gehad dat sonkrag nou ʼn goedkoper en meer omgewingsvriendelike opsie as steenkool is.

Louis Liebenberg en Lindsay Steventon het die Cybertracker in 1996 ontwikkel. Die Cybertracker gebruik satelliete en navorsers gebruik dit om diere van alle groottes en vorms op te spoor en te volg.

Hierdie is ʼn lekker ene! Ingenieur en kitaarspeler, Graeme Wells, het die oliekan-kitaar ontwerp. Selfs UB40 het intussen oliekan-kitare aangekoop en gebruik! Dit word ook die Afri-can-guitar genoem.

Een van die beelde van Afrika is vroue wat swaar waterkanne vir kilometers op hul koppe dra. Die Hippo Water Roller is deur Pettie Petzer and Johan Jonker ontwerp. ʼn 90-liter drom met ʼn handvatsel kan gestoot of getrek word oor selfs rowwe terrein.

Percy Tucker van Benoni het die wêreld se eerste elektroniese besprekingsisteem, Computicket, ontwikkel. Wat sou ons sonder Computicket gedoen het?

Hierdie is maar net enkele uitvindings deur Suid-Afrikaners. Weet jy dalk van nog meer?

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button