Netelige vrae aan Afrikaners…
Ek het ’n paar vrae. Netelige vrae. Tog onskuldig. En net ter inligting. Die laaste ruk het groepe Afrikaanssprekendes hulle in massas tot sosiale media gewend om misnoeë uit te spreek met die stand van sake in ons land. In derduisende kommentare en statusse word sekere terme gebruik. Ek is nuuskierig om te weet presies wat hierdie terme beteken. Help asseblief!

Ek het ’n paar vrae. Netelige vrae. Tog onskuldig. En net ter inligting.
Die laaste ruk het groepe Afrikaanssprekendes hulle in massas tot sosiale media gewend om misnoeë uit te spreek met die stand van sake in die land. In derduisende kommentare en statusse word sekere terme gebruik. Ek is nuuskierig om te weet presies wat hierdie terme beteken.
Ek wil weet:
Wie is “ons volk” of “die volk”? Daar word ook soms verwys na die “boerevolk”.
Na wie word verwys as daar na “volksmoord” verwys word?
Wat en wie is “die Afrikaners”?
Wie is die “liberales” waarna daar verwys word?
Wie is die “linkses” en wie is die “regses”?
Wat is die definisie van “’n rasis”?
Wat word bedoel met “Ons het ’n leier nodig wat opstaan vir die volk”?
Ek kan self lees wat www.gelofteland.org, www.boerevryheid.co.za, www.boerevolk.org.za, www.volkstaat.net en hordes ander soortgelyke verregse webwerwe skryf.
Boonop hoop ek dat die Afrikaanssprekendes waarna ek hierbo verwys nie noodwendig met verregse standpunte saamstem nie.
Ek stel belang in die man op straat se definisie.
Ek wonder maar net.
