BlogsLife is beautiful - with LiezelOpinion

Suid-Afrikaners op die Emmaus-pad

Die laaste ruk stoei elke Suid-Afrikaner. Die opponente verskil net. Ons almal soek-soek-soek 'n verlosser, 'n sterk leier, om ons uit die chaotiese gemors te red. Ek het 'n ruk terug vir die soveelste maal die storie van die Emmausgangers gelees. Sommer net en sonder om enige nuwe uitleg te verwag. Maar God besluit wanneer Hy gedeeltes in die Bybel soos 'n oorryp granaat laat oopbars. Dan spat die stroopsoet sap in alle rigtings en verander die wêreld na iets helderder en beter.

Die laaste ruk stoei elke Suid-Afrikaner. Die opponente verskil net.

Xenofobie. Rassehaat. Haat onderling tussen mense van dieselfde ras en kultuur. ‘n Vlaag van misdade. Plaasmoorde, kapings en ontvoerings. Finansiële druk. Korrupsie. Die EFF-dreigement hang swaar oor ons koppe. Beurtkrag en moontlike totale donkerte. Die Parlement is in chaos. Bekgevegte tussen swart en wit en selfs Afrikaner en Afrikaner op sosiale media. Vliegrampe. Hoë ongeluksyfers op die paaie. Die standbeeld-debakel. Armoede en ellende. Egskeiding. MIV/vigs het ‘n merk op ons samelewing gelaat.

En dit is maar die puntjie van die ysberg.

Ons almal soek-soek-soek na ‘n verlosser. Tas onbeholpe in die donkerte na ‘n sterk leier om ons uit die chaotiese gemors te red.

Die leier bly ontwyk.

Ek het ‘n ruk terug vir die soveelste maal die storie van die Emmausgangers in Lukas 24:6 gelees. Sommer net en sonder om enige nuwe uitleg te verwag. Maar God besluit wanneer Hy gedeeltes in die Bybel soos ‘n oorryp granaat laat oopbars. Dan spat die stroopsoet sap in alle rigtings en verander die wêreld na iets helderder en beter.

Ek het op my persoonlike blog oor die moedelose Emmausgangers geskryf in ‘n tyd wat ek ook moedeloos gevoel het. Nou wil ek dit graag met lesers deel. Kliek hieronder op die image om dit te lees:

 

a (2)

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button