BlogsOpinion

DONDERDAG: Boude en brekasies slaan toe

Hoe verklaar jy dit? Wyn in haar tas, sy ontbloot byna haar bas en haar kar gee haar gas.

Karma en Murphy takel my mos graag.

Gister was dit weer so.

Ek was ‘n sagte teiken: dit was net na 08:00 toe ek na die werk se kombuis toe stap om my ontbyt voor te berei – ‘n smaaklose dieetdrankie.  Iets tussen karton en bruinrys sonder sout.

Jonhanri, my kollega, het kliphard begin lag.  “Jou broek!” het sy so tussen die skaterlag deur probeer sê.  Ek het so voel-voel besef dat ek maar vroeër met die dieët moes begin het.  My broek het geskeur.  Daar het ek dit nou – ek het myself uit my broek uit geëet.

Wanneer Pippa haar derriere vir die wêreld wys, lyk dit só:

(Foto: independent.ie)
(Foto: independent.ie)

Wanneer modelle geskeurde denimbroeke dra, lyk dit só:

(Foto: Pinterest)
(Foto: Pinterest)

Wanneer ek die twee kombineer, gebeur so iets:

(Foto: currydoglit.com)
(Foto: currydoglit.com)

*Die oorspronklike beeldmateriaal van my broekskeur-voorval word van die publiek weerhou weens die ontstellende aard daarvan.)

Ek het ‘n nuwe broek gaan aantrek en die dag aangedurf.  Ek was salig onbewus daarvan dat die dag my ook aandurf op gemene wyse.

Die Rooi Gevaar het moeilikheid opgetel.  Sonder dat my ou karretjie se temperatuurmeter my enige rede gegee het om onraad te vermoed, het ek gisteraand ongemaklik begin voel.  “Trek af by die volgende vulstasie,” het die engeltjie op my een skouer gefluister.  “Nee man, ry verder,” het die duiweltjie teruggepraat.  Ek stop toe maar by die vulstasie.

“Ag Meneer, ek het gister water en olie nagegaan.  My banddruk is reg én die kar het genoeg brandstof.  Maar kan ons maar net weer na die water kyk?” het ek gevra.  Toe ons die enjinkap oopmaak, het kokende water geborrel soos wat geen ketel kan nie.  Dit was duidelik dat ek nie ‘n meter verder sou kon ry nie.

“It’s the fan,” sê die petroljoggie.

“Dis die fanbelt,” verstaan ek.

Die enjin het oorverhit en ek moes my versekeraar skakel om my kar te kom oplaai met ‘n indrukwekkende trok.  My kar is outomaties en kan nie gesleep word nie.  (Ek mag nie ratkarre bestuur nie.  Dis nie luiheid nie, dis onvermoë.)

Ek het meer as ‘n uur vir die laaitrok gestaan en wag en besluit toe maar om een klein ou glasie wyn te gaan drink by die restaurant om die hoek. Hulle het vir my ‘n 250 ml botteltjie wyn en ‘n wynglas gebring – te oulik!  Ek het my eerste drie slukkies van die wyn gevat toe die versekeringsman my bel.  “Die trok is op pad,” het hy gesê.

“Nee man, vat die wyn saam, jy hét mos nou betaal!” het die kelnerin gesê en die botteltjie in my sak geprop.

“Wie’s ek om te stry?” het ek gewonder. ‘n Mens kyk hoeka nie ‘n geskenk perd in die bek nie.

Op die toneel het ek my kar, die trokman en my goeie vriend, Willie aangetref.  Laasgenoemde het my tydig verras met ‘n bos blomme – sy tydsberekening verdien vermelding.

Vir elke donker wolk is daar 'n silwer randjie, ne?
Vir elke donker wolk is daar ‘n silwer randjie, ne?

Dit het aand geword en dit het môre geword en my probleme was nog lank nie verby nie.  Die Rooi Gevaar moes nou van my huis af tot by die motorwerktuigkundige gepiekel word.  My vriendelike kollega, Benno, het my hierin bygestaan.

When other people tow their cars, it looks like this.  (Photo: f.tqn.com)
Wanneer ander mense hulle karre laat sleep, lyk dit so. (Photo: f.tqn.com)

Wanneer ek dit doen, lyk dit so:

Die Rooi Gevaar het dit gemaak tot by die karhospitaal.  Toe ek by die kantoor kom, het Benno op hete kole gesit en wag om nóg een van my flaters in die openbaar bekend te maak:

 

Hoe verklaar jy dit?
Hoe verklaar jy dit?

Onthou julle daardie 250ml wyn wat ek by die restaurant gekry het?  Ja, hy was nog in my tas.

Ek is vandag, vir die tweede keer in ‘n ry, die sitvlak van die grap.

Lees ook:

Wanneer Karma en Murphy inmeng

Die Rooi gevaar het oor provinsies heen verdwaal

Heidi het my ID geëet

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button