BlogsOpinion

Dis Donderdag en ek verlang na etiket en orde

Wat sou Emsie Schoeman doen?

Ek was nege jaar oud toe my ma die boekrak skoongemaak het.  ‘n stowwerige blou boek het op my kop geval.

“Nee!” jet sy uitgeroep.  “Dis Etiket met Emsie!”  Sy het die boek eenkant gebêre en verduidelik dat sy nie lus was vir die spul voorskrifte wat daarin vervat is nie.

Etiket met Emsie boek

Toe ek ‘n bietjie ouer was, het ons die boek afgestof en deurgeblaai.  Ons het vir party van haar wenke gelag.

Sy het gewaarsku dat dit lelik is om op straat te loop en eet of drink.  Vroue moes mooi sit – “kruis die bene by die enkels en laat die hak van die voet naaste aan die stoel op die vloer rus.”

Telefoonoproepe: “As u op die telefoon moet kuier, doen dit soggens voor 08:30 en smiddae ná 17:00.”

Ons leef in ‘n vreemde tyd.

Kinders word stout, hulle sê ons selfbeheersing word al hoe minder en dit wil vir my voorkom asof mense meer ongeskik word elke dag.

Ek oorweeg nie die moontlikheid dat dit ek kan wees wat net op almal se senuwees werk nie.  Die fout moet by die ander mense lê.

Hulle het ‘n goeie dosis etiket nodig, ek sê jou.

Só lyk 'n netjiese teetyd. (Foto: Facebook)
Emsie Schoeman.  Die toonbeeld van ‘n vrou met etiket.
(Foto: Facebook)

Ek wonder wat Emsie Schoeman dink van die gestakery, die president se onlangse syferglipsie en mense se opmerkings daaroor op Facebook.  

Mense kan tog so uit hulle beurte uit praat op Facebook.  Hulle praat ook uit die huis uit.  Dis nooit ‘n goeie idee nie.  Jou buurman, jou kind se skoolhoof en die mense hier by die koerant kan dit lees.

Voor jy iets doen, vra jouself: wat sou Emsie doen?

Belangrike mense vra glo hulself dié vraag.

Queen wsed

Leer by die beste en onthou dat eerste indrukke vir altyd hou.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button