My naam, Bea, beteken gelukkige. Ek is veral gelukkig om te kan perdry.
Ek is vriendelik, hulpvaardig en geduldig met ander mense en hou daarvan om kinders met leerprobleme te help.
Ek skilder graag landskappe en blomsoorte, en hou van fotografie. My kerkgroepie beteken vir my baie en koue winteraande hekel ek graag.
My droom is om op ‘n plaas te bly en net met perde en diere te werk, daarom vertrou ek soos Dawid om op die Heer te wag en in alles Sy wil te vra.
Die perd waarmee ek gery het se naam was Koper, ‘n Nooitgedaghter. Hy was rustig maar soms bietjie wild. Ons het mekaar vertrou en graag gespeel; die heel lekkerste was om in die water te ry en speel.
Koper was baie lief vir bederfies met suikerblokkies en wortels, en het uithouritte baie meer geniet as in die ring!
(Bea is die jongste van die ruiters en gehoorgestremd.)
