BlogsOpinion

Donderdag ruik jou al van verlede week af

Onthou: die anti-stankie demp die klankie.

Ek het ‘n tyd terug van my woonstelmaat se maalvleis gesteel.  Omdat ek net ‘n eetlepel daarvan geëet het, het ek gedink dat niemand dit sou agterkom nie.

Ek was verkeerd.

Hy gebruik graag knoffel wanneer hy kook.

My kollegas het my daarop attent gemaak dat ek woes gestink het.

Die reuk van my asem was egter niks in vergelyking met die simfonie van liggaamsreuke wat my begroet het toe ek my om 11:00 in ‘n propvol landdroshof gaan tuismaak het nie.  Ek het ‘n hele pakkie kougom verorber sodat my lugweë deur peperment, eerder as die reuk van sweet en asem, oorval is.

Die vrou langs my het op ‘n stadium haar deodorant te voorskyn gebring en in swierige sirkels gespuit totdat die landdros se kuggie haar aandag afgetrek het.  Sy het bloedrooi geword en die deodorant weggesit.

“Mevrou,” het ek later uit my beurt uit gepraat.  “Daai aarbei stankmasker gaan niks help nie. Om ‘n lekkerruik middel op ‘n toestand te spuit wat reeds sleg ruik, lewer net ‘n aardigheid op.  ‘n Mens moet soggens ‘n anti-perspirant aanspuit.  Dit keer die sweet, sodat jy in die eerste plek nie begin sleg ruik nie.”

 

Deodorant-vs-Antipersperant-1700x400-with-cuts-copy
Kyk uit vir hierdie woord.

‘n Deodorant is die lekkerruik-spuit wat daarna aangespuit kan word.  Soos parfuum.

Die antiperspirant kan die behoefte genoem word en die deodorant die begeerte.

My pa het die onderskeid van kleins af my my ingeprent.  Hy verwys sommer na anti-perspirant as anti-stank.

Onthou: die anti-stankie demp die klankie.

Maak seker dat jy hierop let wanneer jy winkel toe gaan om spuitgoed of aanrolmiddel te koop.  Dit kan jou dalk net ‘n groot verleentheid spaar.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button