
Look back at our struggle for freedom,
Trace our present day’s strength to its source;
And you’ll find that man’s pathway to glory
Is strewn with the bones of the horse.
~Author Unknown~
Oor presies drie weke vertrek ons vyf ruiters saam met hul perde, op die pad terug in die verlede. Vanaf 28 November tot 16 Desember gaan hul deur 10 dorpe ry – 18 dae van avontuur, ontdekking en bloedsweet. Met een doel voor die oë: om te onthou!
As jy, liewe leser, in of naby een van hierdie dorpe is, kom maak kennis met die ruiters en hul perde, luisters na hul stories en wees deel van hierdie geskiedkundige rit.
Julle kan die span op die volgende datums by die dorpe te wagte wees:
28 Nov – Pretoria
29 Nov – Krugersdorp
30 Nov – 1 Des Fochville
3 Des – Parys
4 Des – Vredefort
5 – 6 Des – Koppies
8 Des – Hennenman
9 – 10 Des – Winburg
13 Des – Brandford
15 – 16 Des – Bloemfontein
In die volgende paar dae sal die plekke en tye waar die ruiters in die dorpe gaan wees bekend gemaak word. Maak van die geleentheid gebruik om te kom bladskud met Johan “Bittereinder“ Nell, Leoni “Soutie” Neilson, Bea “Glimlag” Hildebrand , Theunis “Dromer” van Staden en Fiona-Lee “Kompleks“ van Staden.
Daar wag ook ‘n paar verrassings met onder meer sangers wat gaan optree om die pad sing-sing korter te maak asook boektekengeleenthede.
Vir die publiek wie se monde water om saam te ry: Maak solank jul saels mooi blink! Detail oor die opedae volg ook binnekort.
Kliek hier vir meer oor Helde met Hoewe.




