BlogsOpinion

Die dorpe – Krugersdorp: Paardekraal Monument, 29 November

In 1916 is 'n groot volksfees op Paardekraal gehou onder leiding van Generaal Louis Botha. Op 29 November, is ons vyf ruiters daar: in die baanbrekerperde van Andries Pretorius, Generaal Louis Botha en sy perd Dapper, en Paul Kruger en sy Tempest, se spore.

DIE DORP WAT SY ONTSTAAN TE DANKE HET AAN PERDE

Daar word vertel:

“After the The Battle of Blood River, Andries Pretorius settled in Pietermaritzburg but when Natal was annexed by the British he moved to the Transvaal and bought a farm called Grootplaats, near where Hartebeesport Dam is today, where he started a stud. He later searched for higher ground for his horses, where there was less danger of horse sickness.

He found this place at Pardeplaats (1700 mtrs above sea level). He put the farm in the care of his nephew, Martinus Petrus Wilhelmus Pretorius, known as Vaal Maritiens while he continued at Grootplaats.

The stud expanded and a dam was built to provide water for the horses – Monument Dam.
After the discovery of gold in September 1886 Pretorius asked the ZAR to declare his farm a public digging. He offered a portion of his farm for the proclamation of a town, on condition it would be named after Paul Kruger, Krugersdorp. The ZAR agreed to this on the 26th April 1887. Hence this is the date of the establishment of Krugersdorp and Vaal Martiens was the founder of the town. “ ~ By Jannie Rossouw

Gedurende hierdie selfde jaar (1877) annekseer Brittanje die Zuid Afrikaanse Republiek, na die ontdekking van goud. Die gebeure word gevolg deur ‘n periode van geleidelike verset deur die burgers van die ZAR.

6 000 Bugers woon op 8 Desember 1880 ‘n vergadering by op Paardekraal onder leiding van Pres Kruger. Tydens hierdie vergadering besluit die burgers dat die tyd aangebreek het om iets daadwerkliks te doen. Op ‘n voorstel van Paul Kruger het die burgers ‘n klip stapel gepak op die plek waar die monument vandag staan. Hierdie vergadering het die Slag van Majuba tot gevolg gehad waar die burgers die Britte verslaan het en die vryheid van die ZAR op 27 Februarie 1881 herstel het.

Van 13 tot 16 Desember 1881, hou ‘n dankbare volk ‘n reuse fees op die terrein en die eerste staatsfees in 1886 is ook daar gevier.
In 1890 gee Paul Kruger toesteming om die monument op Paardekraal te bou oor die klipstapel. Die heer Wierda was die argitek. In Desember 1891 is ‘n huldigingsfees op Paardekraal gehou, waartydens pres. Paul Kruger die monument onthul het. Dit was ook die eerste volksfees waar die Gelofte van 1838 weer herdenk is.

Tydens die ABO, in opdrag van lord Roberts, is die klipstapel onder die monument verwyder en onder die treinbrug by Vereeniging in die Vaalrivier gegooi.
In 1916 is ‘n groot volksfees op Paardekraal gehou onder leiding van Generaal Louis Botha.

En nou, op 29 November 2015, is ons 5 ruiters daar: in die baanbrekerperde van Andries Pretorius, Generaal Louis Botha en sy perd Dapper, en Paul Kruger en sy Tempest, se spore.

Om 15:00 sal daar ‘n seënfunksie sowel as ‘n boektekengeleentheid wees – Die “Helde met Hoewe” boekreeks in Afrikaans en Engels sal teen ‘n spesiale prys beskikbaar wees.

Kom wees deel van die geskiedkundige gebeurtenis!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button