BlogsOpinion

Die dorpe – Parys: Opedag – 3 Desember

Kom spring 3 Desember saam met ons ruiters weg vanaf die Afridome, op die pad, terug in die verlede. En wie weet? Dalk hoor julle die hoefslae van 200 volbloedperde saam met julle gallop!

“A horse, a horse, my kingdom for a horse!”

Dit is in die area van Parys waar generaal Christiaan de Wet en sy burgers tydens die Anglo Boere Oorlog lekker kat en muis speletjies met die Tommies gespeel het! Hy was soos ‘n skim en sy Arabier Fleur soos ‘n spookperd. Skielik en onverwags het hulle vanuit nêrens verskyn en dan weer soos mis voor die son verdwyn.

Vir die burgers was perde meer werd as goud, en soos die oorlog verloop het, het perde al hoe skaarser geword – As jy een kon kry, moes jy gryp! So ‘n kans kry die manne in Julie 1900 in Parys.

‘n Gedeelte van De Wet se kommando, onder leiding van Wynand Malan, gewaar op die pad na Parys ‘n Britse kolon. Ongeveer 200 man kamp uit langs ‘n plaasdam onder ‘n paar hoë bome. Hul opgesaalde perde staan eenkant en wei. Dadelik sê Wynand Malan vir sy manne: “Kêrels, nuwe perde is vir ons Boere op hierdie oomblik baie meer werd as een Engelse generaal!“ Malan, wat goed Engels kon praat, haal ook daar en dan Shakespear se koning Richard III aan wat op die slagveld laat hoor het: “A horse, a horse, my kingdom for a horse!”

Nou hoe vang jy 200 perde helder oordag?
‘n Boer maak ‘n plan! Terwyl burger Johnnie Neethling op ’n randjie as brandwag dekking gee, speel Wynand Malan en George Meiring briljant toneel. Hul gee hulself met oortuiging voor as Engelse boodskappers. Die eerste Tommie wat hul teekom word ontwapen sonder dat eninge van die lomerige soldate onder die bome dit gesien het. Met ‘n rewolwer agter sy blaaie gebied hulle hom om die swart helpers by die opgesaalde perde te bevel om hulle na die dam toe te jaag om water te drink. Dit het heeltemal normal voorgekom en die Britse troepe was houtgerus. Die perdeoppasers het rustig, al singende, met die ryperde al hoe verder en verder op die pad na Parys beweeg.

Teen die tyd wat die Tommies onraad merk was die Boere en hul gevangene al so ver dat hul niks meer aan die saak kon doen nie!
Op 3 Desember 2015 is ons ruiters in Parys. Daardie dag is ’n opedag en perderuiters in die omgewing word genooi om die geskiedenis saam met die Herdenkigsritspan mee te maak – 35 killometer vanaf Parys na Vredeford.

Kom spring 3 Desember saam met ons ruiters weg vanaf die Afridome, op die pad, terug in die verlede. En wie weet? Dalk hoor julle die hoefslae van 200 volbloedperde saam met julle gallop! Later daardie aand gaan ons feesvier wanneer ons saam met die bekende countrey sanger, Jason Bradley en Beeskraal, ‘n kampvuuraand gaan hou.
Daar sal ook ‘n boektekengeleentheid wees deur myself, die skrywer van die Helde met Hoewe reeks vir aandenkings.

Moet dit nie misloop nie!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button