BlogsOpinion

Die dorpe – Pretoria: Voortrekkermonument, 28 November

Die Voortrekkers het ‘n man gemeet op drie eienskappe: Eerstens aan sy vermoë om ‘n goeie perd te kan uitken, en daarna aan hoe goed hy kan skiet en swem.

Die Groot Trek sou nooit kon plaasvind sonder die hulp van perde nie. Terwyl die beeste teen ‘n stadige pas voortgebeur het met die swaar vrag, het die Boere op vlugvoetige perde vooruit gaan verken. Hierdie perde en hul ruiters was die voorlopers van die epiese tog in die onbekende.

Die Voortrekkers het ‘n man gemeet op drie eienskappe: Eerstens aan sy vermoë om ‘n goeie perd te kan uitken, en daarna aan hoe goed hy kan skiet en swem.

Die Voortrekkermonument is ontwerp deur die bekende argitek Gerard Moerdijk. Die hoeksteen van die Monument is gelê op 16 Desember 1938 en is ingewy in 1949.
Die vier hoekfigure by die Monument is van graniet – 5,5 meter hoog – en stel Voortrekkerleiers voor.
Die beeld op die noordwestelike hoek is Andries Pretorius, op die noordoostelike hoek is Piet Retief en op die suidwestelike hoek is Hendrik Potgieter. Piet Retief was ‘n gerespekteerde perdeteler. Pretoria is vernoem na Andries Pretorius.

Op 28 November om 07:00 vertek ons ruiters en perde op hul eie epiese tog, terug in die verlede.
Kom ontmoet hulle by die Voortrekkermonument.
Daar sal ‘n seëngroet vir die ruiters gehou word en die gewilde Boere-punk groep Beeskraal gaan as eregaste optree.

Moet dit nie misloop nie!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button