BlogsOpinion

Die dorpe – Koppies: Roodewal – 4-5 Desember

Uit die verslane soldate se possakke kom verkykers, klere, sigarette, en sjampanje. Kort voor lank klap die proppe! 'n Heildronk op lord Roberts, wat hulle so mildelik van alles “voorsien” het, daarna “Drie hoera's vir oom Christiaan!'”

SIGARE, SJAMPANJE EN VUURWERKE

Junie 1900. Roodewal, Koppies, Vrystaat:

Christiaan de Wet op sy spoggerige ryperd Fleur tesame met 80 burgers oorrompel die Britse soldate, en maak die grootste buit tydens die oorlog. So groot dat die burgers se perde wat só vol gelaai is van die buit, gelei moet word.

Uit die verslane soldate se possakke kom verkykers, klere, sigarette, en sjampanje. Kort voor lank klap die proppe! ‘n Heildronk op lord Roberts, wat hulle so mildelik van alles “voorsien” het, daarna “Drie hoera’s vir oom Christiaan!’”

Die burgers neem soveel voorraad as wat hulle kan, en die res word verbrand. Die grootste “vuurwerkvertoning”’ in die Vrystaat se geskiedenis!

4-5 Desember 2015. Roodewal, Koppies, Vrystaat:

Ons ruiters gaan daar wees. ‘n Herdenkingsrit – in die spore van die dapper burgers en getroue perde. Net soos hulle – op ons eie perdehelde.  En wie weet, dalk net vir ‘n rukkie, verdwyn die grense van tyd. En dan sal ons ons sjampanjeglase klink met “Drie hoera’s vir oom Christiaan!”

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button