BlogsOpinion

DONDERDAG – Kan jy van jou armoede vergeet?

Daar is 'n bank wat aanbied om jou per sms aan jou lae bankbalans te herinner. Sjoe.

Daar is ‘n advertensie op die televisie wat my ore keer op keer laat tuit.  Dis ook maar goed dat hulle dit soveel keer herhaal, want ek wonder gereeld of die man aan die woord nou eintlik sê wat ek dink hy sê.

Volgens hierdie advertensie, is daar ‘n bank wat jou per sms inlig wanneer die geld in jou bankrekening te min word.  Sodoende kan jy jou saldo betyds aanvul voor jou krediteure jou begin looi.

cell

Ek sukkel om my met dié storie te versoen.

Die debiteur aan die woord, loop en vertel dat hy nie tyd het om sy bankbalans na te gaan nie.  Hy dra twee heerlike koppies wegneemkoffie met hom saam terwyl hy so gesels.

My ma het my geleer dat wegneemkoffie ‘n luuksheid is.  “Jy koop nie goed wat jy nie nodig het nie en jy maak nie skuld nie,” is altyd haar waarskuwings.  Sy sal nie beïndruk wees met die man in die advertensie nie.

koffie

 

Espresso nymag

Prioriteite, prioriteite…

Vir dié wat gereeld vergeet dat hulle geld moet optower om rekeninge mee te betaal, het die bank ‘n sms-diens wat die onthouwerk vir jou doen.

As ‘n armoedige, weet ek hoe dit voel wanneer jou geld op is.  Myns insiens is dit nie regtig moontlik om te vergeet dat jy arm is nie.

Wanneer ek gaan geld trek, “pieng!” ‘n ontydige sms om vir my te vertel presies hóé op my geld is.

 

Ek dink nie dat die man in die advertensie dieselfde sms’e kry nie.  Hy lees ook nie die tellerstrokies wat jou armoede swart-op-wit vir jou uitspoeg nie.

Lyk dit vir jou so bekend soos vir my?
Lyk dit vir jou so bekend soos vir my?

 

Die bank se advertensieman vertel keer op keer hoe beïndruk hy is met sy bank se waarskuwings sms’e wat hom vertel wanneer sy geld op is, sodat hy ‘n noodplan kan maak om sy rekeninge betaal te kry.

Ek wonder net: as jy nie geld het om jou bankbalans na te gaan en seker te maak dat daar geld in jou rekening is wanneer jou skuldeisers betaal moet word nie, waar gaan jy elke maand tyd (en noodgeld) kry om ‘n noodplan aan mekaar te slaan en uit te voer?

Noem my maar ‘n sure en suinige ou vrou, maar ek weier ook om ‘n kredietkaart te besit – lees meer hieroor.

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button