BlogsOpinion

Program: Herdenkingsrit 2015 – Saterdag 28 November en Sondag 29 November

Oor 'n week, 28 November, spring die ruiters weg op hul Herdenkingsrit vanaf die Voortrekker monument in Pretoria . Die Sondag besoek hulle ook die Paardekraal monument in Krugersdorp. Die publiek word hartlik uitgenooi na beide hierdie geskiedkundige geleenthede.

Voortrekker Monument – 28 November

06:30 – Foto’s met ruiters en perde en onderhoude met media.
07:00 – Seënsdiens – Skriflesing en gebed
07:30 – Musiek deur Kunstenaars – Beeskraal
08:00 – AM Ruiter toespraak – waaroor gaan die rit en sy verwagtinge
08:30 – AM Ruiters vertrek van die monument af in die rigting Pta Wes na Mnandi
09:00 – AM Boek tekening: Juliette Whelpton – Helde met Hoewe
09:30 – Media kontak en Radio onderhoude – Telefonies
Toegang by hek R15,00

Paardekraal Monument – 29 November

15:00 – Verwelkoming (Mathys of Juliette)
15:10 – Erediens (Chantelle van Tonder)
15:40 – Eregaste: Mej SA doof finalis Anzunel Erasmus & Bea Hildebrand oor die rol van perde in hul lewens
16:00 – *Fotos met ruiters en perde asook media onderhoude
*Publiek kan op die plaaslike perde wat op die Paardekraal monument se gronde gestal word, gelei word.
*Boektekengeleentheid (Helde met Hoewe)

Ons nooi veral die jongspan saam op hierdie avontuur!

Kinders, kom ontmoet vir Rommel en die ander spogperde dou voor dag om 6:30 op 28 November by die Voortrekker Monument in Pretoria of 29 November om 15:00 by die Paardekraalmonument in Krugersdorp.

Neem ‘n foto saam met ons uiters fotogeniese perde en word deel van hierdie geskiedkundige rit!

Volg ons as ons die lang pad gaan trotseer vir 600 km tot by ons eindbestemming by die Nasionale Vrouemonument op 16 Desember.

Sien julle daar :)

Kliek hier vir meer oor Herdenkingsrit 2015.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button