BlogsOpinion

Dag 2 – 29 November 2015 – Centurion tot Paardekraalmonument

Na 20km is dit tyd vir ‘n ruskans. ‘n Steers burger is die padkos van die keuse en die perde staan geduldig voor die bestelvenster. Hul smul self later heerlik aan die groen gras voor die Muldersdrift hotel.

Nog voor die werfhoender se luide aankondiging dat die dag begin, is die perde klaar opgesaal en die ruiters gereed vir die langpad na die Paardekraalmonument in Krugersdorp.

Die eerste uitdaging is om die draai – Die Jukskeirivier. Die perde is teen die tyd gewoond aan die water en sonder veel moeite is hul deur.

dag 2 jukskei Rivier

Na 20km is dit tyd vir ‘n ruskans. ‘n  Steers burger is die  padkos van die keuse en die perde staan geduldig voor die bestelvenster.  Hul smul self later heerlik aan die groen gras voor die Muldersdrift hotel.

Dag 2 Gras eet halfpad

Van hier af is dit al die pad opdraande. Teen 15:00 bereik hul hul bestemming  waar hul hartlik verwelkom word deur Matthys van Tonder van die Paardekraalmonument feeskomitee en opgewonde volgers van die Herdenkingsrit.

Anzunel Erasmus en Bea Hildebrand is die eregaste van die middag. Beide meisies is gehoorgestremd. Hul verduidelik aan die gaste watter groot rol perde in hul lewens speel. Anzunel is self ’n Krugersdorper en finalis vir Mej SA Doof.  Bea is die jongste van die vyf ruiters van die Herdenkingsritspan.

Juliette Whelpton vertel meer van ‘n burger wat in die Anglo Boere oorlog, ook in die omgewing van Krugersdorp geveg het, wat doof was: Die beroemde digter Jan Celliers.

Kudu foundation laat die ander ruiters ervaar hoe dit voel om doof te wees vir ‘n middag.

Johan vind uit hoe dit voel om doof te wees vir 'n middag.
Johan vind uit hoe dit voel om doof te wees vir ‘n middag.

Ondersteuners kry ook die geleentheid om hul gehoor te laat toets. Carmen Esterhuizen verduidelik: “Wat hierdie uitvindsel uniek maak, is dat mens kinders en volwassenes buite ʼn klankdigte kamer kan toets. Dit beteken elke kind hoef nie in ʼn klein boksie te sit om getoets te word nie. Vir die eerste keer in die geskiedenis van die mensdom is dit moontlik om koste-effektief uit te reik na miljoene kinders en daardie kinders op te spoor wat gehelp kan word as gehoorverlies ervaar word.“

Uiteindelik is dit rustyd. Die tente is opgeslaan en die braaivleisvuur is aangesteek. Onder die waaksame oog van Paul Kruger, wie se standbeeld langs die Monument Dam staan, raak ruiter en perd vreedsaam aan die slaap.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button