BlogsOpinion

Dag 3 – 30 November 2015 – Paardekraalmonument tot Danie Theron Monument

Na 14 ure in die saal kom hul uiteindelik by hul bestemming : Die Danie Theron Monument. Die 63 km lang pad was die moeite werd en die perde het goed gehou. Nadat hulle behoorlik geroskam en versorg is word die tente opgeslaan.

Die eerste 130km van die 600km rit is voltooi!

Theunis en Fiona van Staden is reeds om 02:00 gereed. Krugersdorp se strate is doodstil as hulle op hul opgewonde perde vertrek. Vir ‘n oomblik lyk dit of oom Paul se standbeeld lewe. Is dit ‘n goedkeurende glimlag wat om sy mondhoeke verskyn wanneer die perde verby hom trippel?

Teen 10:00 sluit Johan en Bea by hul aan. Theunis en Fiona het reeds 38 km agter die rug. Hul perde lyk nog baie goed.

Om 12:00 AM gee die son die ruiters en perde pakslae. Hul begin swaar trek.

Na 14 ure in die saal kom hul uiteindelik by hul bestemming : Die Danie Theron Monument.
Dag 3Die 63 km lang pad was die moeite werd en die perde het goed gehou. Nadat hulle behoorlik geroskam en versorg is word die tente opgeslaan.

Soos die Voortrekkers van ouds sluit die ruiters hul moeilike maar vervullende dag af, langs ‘n kampvuur met beskuit en koffie, onder ‘n helder sterrehemel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button