BlogsOpinion

Herdenkingsrit 2015 Kunstenaar: Jason Bradley

Jason ondersteun die Herdenikinsrit en gaan ‘n spesiale optrede hou wannner die ruiters op 2 Desember in Parys gaan wees op hul gesiedkundige 600 km rit te perd tussen Pretoria en Bloemfontein. Die titelsnit van sy nuutste album, Dirt Road, is ook die temalief van die Herdenkingsrit 2015.

Dit het alles begin in die dorpie Ficksburg toe ‘n vierjarige seuntjie ‘n kitaar by sy pa gekry het.

Sedertdien het die talentvolle country sanger, Jason Bradley, verskeie instrumente leer speel, en die verhoog met bekende plaaslike en internationale kunstenaars gedeel, insluitende “Big Daddy” Lance James, en in Broadway saam met die wêreldbekende liedjieskrywer Chuck Jones. Jason was ook te sien in die kyk¬NET-countryprogam saam met Juanita du Plessis, Country Legends and Friends, en in Noot vir Noot.

“Countrymusiek is nog altyd in my hart. Elke lied word geskryf oor ’n gebeurtenis in jou lewe. Of jy nou sleg, lekker, gelukkig of hartseer voel, daar is reeds ’n liedjie vir jou.”

Jason ondersteun die Herdenikingsrit en  gaan ‘n spesiale optrede hou wannner die ruiters op 2 Desember  in Parys gaan wees op hul gesiedkundige 600 km rit te perd tussen Pretoria en Bloemfontein. Die titelsnit van sy nuutste album, Dirt Road, is ook die temalief van die Herdenkingsrit 2015.

Dirt Road was in Ierland op die toptien nog voor die album in Suid-Afrika bekend gestel is. Sedertdien het hy navrae oor sy musiek uit onder meer Duitsland, Noorweë en Kroasië gekry.

Vir Jason is Dirt Road is die toppunt van alles waarvoor hy die afgelope jare gewerk het.  Elf van die 14 liedjies is oorspronklik en geskryf deur van die voorste liedjieskrywers soos Gary Hannan, wat ook vir ¬Lonestar en Def Leppard skryf.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button