Dag 5 – 2 Desember 2015 – Enselenspruit na Parys
Oral op die pad is diep poele water waardeur hul moet ry, maar die perde skrik nie meer daarvoor nie. Beide ruiters en perde het teen die tyd in ‘n ritme gekom, byna soos die geoliede masjien van die Gaurilla kommandos van meer as ‘n eeu gelede.

Die ruiters skrik wakker van ‘n geweldige donderslag. Onwilleurig dink mens terug aan die burgers tydens die drie jarige oorlog in die tente wat gebewe het onder die aanslae van storms en swaar weer. Dit het gevoel of hulle onder die blote hemel was wanneer die geweld van donderslae en weerlig so om hulle was.
Om in die reën te ry is een ding maar om die die blitsende donderweer te ry is ‘n ander.
Teen 09:00 reën dit saggies en die ruiters kan veilig voort reirs na Parys.
Oral op die pad is diep poele water waardeur hul moet ry, maar die perde skrik nie meer daarvoor nie. Beide ruiters en perde het teen die tyd in ‘n ritme gekom, byna soos die geoliede masjien van die Gaurilla kommandos van meer as ‘n eeu gelede.
Teen 14:00 bereik hul hul bestemming in Parys waar Yentl Akkomodasie, ‘n boomryke oase reg langs die Afri Dome, aan hul akkomodasie verskaf.
Teen sonsondergang vermaak die bekende country sanger, Jason Bradley, die ruiters en ondersteuners om ‘n kampvuur. Jason en die ondersteuners van die span word later op hartlike wyse ontvang by die nostalgiese “Die Blikhuis“ gastehuis, waar jy met die intrapslag weggevoer word na dekades gelede.