BlogsOpinion

DAG 8 – 4 Desember 2015 – Rusdag

Die manne moet baie lief wees vir koffie want douvoordag maak Gert Bobbejaanboud en van die ander staljonge – wat nou bekend staan as agterryers – koffie vir die hele kommando. Die mans eet dan ontbyt: vleis oor die spit of in ’n pan gebraai saam met brood en nog koffie.

Die perde en ruiters geniet ‘n welverdiende rusdag. Soos ‘n kommando tydens die Afrikaanse Boereoorlog word daar koffie gedrink en om die kapvuur gesels en „smoking concerts“ gehou.

So vertel die perd Bokkie van generaal De la Rey in die Helde met Hoewe boekreeks:   „Ons raak gou gewoond aan die roetine van die kommandolewe. Ongeveer seshonderd burgers met hul perde vorm deel van die kommando.

Die manne moet baie lief wees vir koffie want douvoordag maak Gert Bobbejaanboud en van die ander staljonge – wat nou bekend staan as agterryers – koffie vir die hele kommando. Die mans eet dan ontbyt: vleis oor die spit of in ’n pan gebraai saam met brood en nog koffie.

Hierna word ons perde geroskam en gevoer voordat ons gekniehalter en veld toe gejaag word waar ons deur die agterryers opgepas word.

As die son op sy hoogste sit drink die mans weer koffie, maak gewere en saals skoon, lees en skryf. Vir middagete eet hulle gewoonlik vleis en rys; soms met aartappels en groente, en nóg koffie. Hul aandete bestaan uit vleis, brood en, glo dit of nie: tee.

Ek dink dat hierdie mans darem verskriklik baie eet, maar Gert Bobbejaanboud meen dat dit al is wat nodig is om ’n oorlog te wen: “Napoleon sê dat ’n leër met sy maag veg. Eet manne, eet!”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button