BlogsOpinion

Dag 11 – 8 Desember 2015 – Kroonstad na Hennenman

As hul mooi luister hoor hul die veraf gefluit van ’n stoomlokomotief wat in aantog is na die ou Venterburgwegstasie, met die hoefslae van die blouhoed-Kraanvoëlkommando daarlangs.

36 Kilometer oor brûe en deur drade, sandstorms en bloedige hitte. Verby Sarel Celliers se standbeeld en die legendariese kanon Grietjie, ry hulle met vertroue, moed, deusettingsvermoeë, ondersteuning en spanwerk en bereik ons geliefde ruiters en perde hul bestemming in Hennenman. Daar ry hulle langs die spoorlyn oor die klipperige drif van die Sandrivier.

As hul mooi luister hoor hul  die veraf gefluit van ’n stoomlokomotief wat in aantog is na die ou Venterburgwegstasie, met die hoefslae van die blouhoed-Kraanvoëlkommando daarlangs. En dan sien hul ‘n dapper soldaat op sy wit perd wat vol afwagting oppad is na sy boerenooi.

Vir meer inligting oor die Kraanvoëlkommando en die soldaat op die wit perd besoek gerus ons vorige skrywe op ons blog oor die dorp Hennenman.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button