BlogsOpinion

Dag 18 – 15 Desember 2015 – Bloemfontein

Alhoewel die ruiters vol blydskap en verligting is dat die rit voltooi is, ervaar hul ook 'n gevoel van hartseer en 'n behoefte om sommer more weer op te saal en die hoefspore van ons geskiedenis se helde verder te volg.

Na 18 dae te perd is ons span veilig by hul finale bestemming in Bloemfontein.  Om 16:00 hou hul ‘n hoefysterparade by die Vrouemonument.

Al die perde is daar insluitende Fiona se Arabier Inka.  Rommel is die enigste perd wat die hele roete met dieselfde ruiter gedoen het. Johan Nell het met hierdie Boerperd van hom die 2012 Herdenkingsrit vanaf die Voortrekkermonument tot by Bloedrivier voltooi. Hierdie jaar het die pragtige Bea Hildebrand die voorreg gehad om op die staatmaker Boerperd van Johan te ry.

Alhoewel die ruiters vol blydskap en verligting is dat die rit voltooi is, ervaar hul ook ‘n gevoel van hartseer en ‘n behoefte om sommer more weer op te saal en die hoefspore van ons geskiedenis se helde verder te volg.

Dit laat my so dink aan die burgers se gevoel direk na die Anglo-Boereoorlog. So het Wynand Malan oor sy aandeel in die oorlog verduidelik: Oorlog is soos jag – as jy eers daarmee begin, kry jy nie genoeg nie.

Vir menige burger het die kommandolewe ‘n lewenswyse geword wat hy nie in die burgerlike lewe maklik weer sou vind nie.

So praat die Herdenkingsritspan reeds van ‘n opvolging vir 2016. Dalk Kaap toe die keer?

More oggend om 9h00 sal die span die geloftefees by die Vrouemonument bywoon, waarna die perde terug na Pretoria vervoer sal word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button