BlogsOpinion

Veertig jaar terug se vreugde onthou

Laevelder en al die publikasies wat hom voorafgegaan het, vier vanjaar sy 130ste jaar in druk.

LVF0108_001_1163058626

Dié koerant het reeds in 1886 in Barberton as die Barberton Herald & Transvaal Mining Mail ontstaan en het later met sy mededinger, Gold Field News saamgesmelt om die Gold Field News & Barberton Herald te vorm.

In 1931 is die naam verander na The Gold Field News, Barberton & Nelspruit Herald. In 1946 word dit Lowveld Leader wat uiteindelik lei tot Lowvelder/Laevelder, ‘n tweetalige weekblad. Om hierdie mylpaal van 130 jaar te vier, gaan ons vanjaar gereeld terugblaai in vroeër uitgawes, soos hierdie week 40 jaar gelede toe die toppresteerders van die 1976-matrieks daarin verskyn het.

Mens wonder wat van dié uitblinkers geword het. Moontlik is een of twee van die leerders nog hier in die Laeveld. Lesers wat weet, is welkom om ons te kontak. Op die voorblad van daardie uitgawe wat op 2 Januarie verskyn het, is daar ‘n berig van twee gesinne wat tydens die feestyd giftige sampioene geëet maar dit gelukkig oorleef het.

Baie anders as vanjaar is daar ook ‘n berig oor die natste Desember in die Laeveld sedert 1938. Daardie maand is 350mm reën in Nelspruit gemeet. Plaaspaaie het weggespoel en in die wildtuin is besoekers op verskeie plekke vasgekeer.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button