Opinion

Stadsraad antwoord gemeenskap se kwelvrae oor karwas-ondernemings

“Ons sukkel om ons groentetuintjies te red en mag nie ‘n tuinslang aan ‘n kraan koppel nie. Wat van hierdie besighede?”

Met betrekking tot die waterbeperkings het besorgde lede van die gemeenskap ‘n brief aan Barberton Times gerig. Daarin skryf hulle dat hulle ten gunste is van waterbeperkings, maar wil weet waarom talle motorwas-ondernemings steeds links en regs water gebruik en dit met drukspuite. “Ons sukkel om ons groentetuintjies te red en mag nie ‘n tuinslang aan ‘n kraan koppel nie. Wat van hierdie besighede?”

Barberton Times het Umjindi-stadsraad se waarnemende direkteur van siviele dienste, Jaco Landsberg, genader en het die volgende antwoord ontvang:

“Die was van voertuie is baie van hierdie besighede se hoofinkomste en deur hulle te stop, gaan hulle hul besighede moet sluit en werkers afdank. Wees dus dankbaar dat julle nie in daardie mense se skoene is nie. Dit is ‘n netelige situasie, maar ons wil die gemeenskap die versekering gee dat indien die situasie in so ‘n mate versleg en dit nie anders kan nie, hierdie besighede gevra sal word om alternatiewe oplossings te vind.”

Meld watervermorsing aan deur die siviele kantore te skakel by 013-712-8800.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button