BlogsOpinion

Op pad army toe

Jongelinge hier uit die Laeveld het almal ook oproepbriewe gekry.

Hier teen 1975 en 1976 was die ou Suid-Afrika reeds in ‘n volskaalse bosoorlog betrokke aan die noordgrens van die destydse Suidwes-Afrika en Angola. Dit was die jaar van eerste groot oorgrens militêre operasies soos Operasie Savannah en die opblaas van Brug Nege om beweging vanuit Angola te beperk.

Ná skool of na sy siviele opleiding, moes elke jong blanke man aanmeld vir militêre diensplig. Daar was opleidingskampe landwyd – eers basies en dan spesialisopleiding by onder andere die infanterie, medics, tiffies en spesmagte. Dit het deel geword van die daaglikse woordeskat soos balsak, troepie, varkpan en afk*kparade. Bossie, bosbef*k, dankie-sê-tannie en DB. Plekke soos Grootfontein, Rundu en Oshakati het bestemmings geword.

Grens toe, kaplyn en kontak was daaglikse werklikhede. Jongelinge hier uit die Laeveld het almal ook oproepbriewe gekry. Hierdie foto geneem op Nelspruit se stasie het vroeg in 1976 in Laevelder verskyn. ‘n Mens wonder of almal weer teruggekom het of wat later van die manne geword het. Moontlik herken iemand nog een.

130banner

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button