BlogsOpinion

Lekker prysgeld op die spel vir die heel oudste koerant

Daar is prysgeld van R1 300 daaraan verbonde. Al wat Laevelder wil hê, is ‘n afdruk wat self gemaak sal word.

Laevelder saam met al sy voorgangers sedert 1886, is vanjaar 130 jaar oud. Ongelukkig het daar nie veel van ‘n argief oorgebly nie en word daar nou na voorbeelde van ouer uitgawes van die koerante gesoek.

PIC01_78718 (Small)Daar is prysgeld van R1 300 daaraan verbonde. Al wat Laevelder wil hê, is ‘n afdruk wat self gemaak sal word.

Mark Swanepoel van Mbombela spog met die oudste uitgawe wat tot nog toe opgespoor kon word. Dis ‘n Gold Fields News & Barberton Times van 26 Mei 1931. Mark het hier in die Laeveld grootgeword. Jongtyd was ‘n ywerige lid van die Barbertonse museumklub. Op ‘n stadium was eksemplare van sulke ou koerante te koop aangebied. Hy het spesifiek na ‘n uitgawe van 1931 vir sy ouma gesoek, wat daardie jaar in die Laeveld gebore is. Sy ouma Joyce was ‘n nooi Loock wat op Mataffin grootgeword het en later met ‘n Curling getroud is – beide ou Laeveldse families. Ná haar dood het Mark weer die koerant bekom.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button