BlogsOpinion

Admintannie – die oorspronklike ‘Superwoman’

Admintannies was die eerste Google.

Tannie Susan.

Tannie Martie.

Die een in die adminafdeling wie se naam jy nie ken nie.
Die een in die adminafdeling wie se naam jy nie ken nie. (Foto: Pinterest)

Stille waters, diepe grond. Onder draai ‘Superwoman’ rond.

SUPERWOMAN

 

My eerste kennismaking met ‘n admintannie was in 1996. Ek was in graad een en het pas in ‘n muur vasgehardloop en my tong raakgebyt. Die skreeuende, bebloede graad eentjie is “kantoortannie” toe. Dit bring my by die eerste rede waarom admintannies superhelde is.

  • Hulle maak seerplekke gesond

Tannie Susan was Laerskool Mariepskop se kantoortannie en sy was altyd gewapen met ‘n stywe druk en ‘n bottel mercurochrome.

Mercurochrome. Die kantoortannie se geheime wapen.
Mercurochrome. Die kantoortannie se geheime wapen.

Dit sou egter nie vir ‘n bytmerk op die tong deug nie en sy het my gesus totdat die trane bedaar het. Terwyl ek so daar gesit en ween het, het sy gesê: “Jong, dis nou jammer dat mercurochrome nie hiervoor sal werk nie. Dit werk vir die meeste seerplekke. Behalwe vir Pietie.* Hy  is allergies daarvoor.”

Dit het my laat besef…

  • ‘n Admintannie se geheue is iets ongeloofliks. Hulle onthou alles. Sekretaresses ken hul base se dagboeke uit hulle koppe uit – by die werk en by die huis.

Skedule

  • Ek beny hulle, omdat hulle die verskil tussen debiet en krediet verstaan en die terme rond gooi asof dit eenvoudig is.
Wanneer ek met debiet en krediet te doen het.
Wanneer ek met debiet en krediet te doen het.
  • Admintannies het die kuns van orde en rustigheid skep, vervolmaak.

Voor die admintannie:

Foto: chaoswhisperer op Wordpress.
Foto: chaoswhisperer op Wordpress.

Na die admintannie:

Foto: Pinterest.
Foto: Pinterest.
  • Hulle werk ook as sielkundiges en slaansakke. Te veel base haal hulle frustrasies op hul administratiewe personeel uit. En wanneer hulle wil huil of frustrasies wil deel, is dit dieselfde personeel op wie se skouers daar gehuil word. Selfs wanneer jy nie daarvoor vra nie, bid sy vir jou.
  • Sy het alty ‘n “dingetjie” om dinge bymekaar te hou. Soms is dit ‘n lêer. Ander kere ‘n krambinder of ‘n rekkie. Sy gebruik ‘n skuifspeld om jou chaos in orde te omskep sodat jy respektabel kan lyk wanneer jy en jou papiere voor mense verskyn.
    Ek sien nog hoe red een my lewe met een van hierdie goed.
    Ek sien nog hoe red een my lewe met een van hierdie goed.

     

  • Admintannies weet iets van alles. “Wat is ‘n faux pas?” Sy weet. “My kar het gebreek. Wie bel ek?” Sy weet.

Google

 

  • Sy het jou nog nie vermoor nie. Hier verdien die administratiewe personeellid ‘n pluimpie. Dink mooi: hoeveel keer moes sy jou al keer op keer dieselfde vraag vra voor jy haar geantwoord het? Hoeveel keer moes sy jou al uit die sop red wanneer jy iets vergeet het? Nogtans is sy altyd daar.

So daar gaan jy. Gee jou admintannie ‘n stywe druk.

*Skuilnaam.

Lees ook:

DONDERDAG – ‘n week by my wyse ouma

DONDERDAG – hou jou bek

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button