Local news

Bergvlam se matrieks pronk op die rooi tapyt

Dié swierige gedoente om van die gr, 12's afskeid te neem, is by Die Stoor-venue gehou.

Hoërskool Bergvlam se matriekklas het op 29 September hul laaste funksie as die skool se seniors met oorgawe by Die Stoor-venue gevier.

Die matrieks se aankoms was soos oudergewoonte by die skool se stadion, waar Laura Oosthuyzen en Zania Viljoen die klas van ’23 op die rooi tapyt verwelkom het. Daarna is die leerlinge met Citybug-busse na die geheime venue geneem.

’n Totaal van 188 matrieks moes hul buiging op die tapyt maak, dus was skemerkelkies in die skool se ‘Shack’ (glaskas) en ‘n 360°-kamera net die ding om die tyd te laat vlieg.

LEES OOK: Rob Ferreira bids matrics farewell

By die venue aangekom, is die gaste deur die hoof, Deon Visser, welkom geheet.

Die saal was met woestynrose, groen- en roomkleurige ondertone versier.

Ná die formaliteite en toesprake, het ’23 se hoofleiers, Jaelyn de Vries en Christiaan Burger, die mikrofoon oorgeneem en ‘n paar prettige toekennings aan hul klasmaats oorhandig.

LEES OOK: n Tikkie Franse flair vir Laeveldse fotograaf

Van hierdie toekennings sluit in: Most likely to become famousThe coolest duo en The greatest sportsman.

Die matrieks het vir hierdie pryse gestem en sommige van die ontvangers het lekker gelag toe hulle gehoor het wat hul klasmaats van hulle dink.

Jaelyn en Christiaan het die dansvloer geopen waarna die res van die leerlinge ritmies ingeval het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button