Groot aanwins vir die Pumas
Die Steval Pumas het hul losskakel-diepte na die vertrek van Carl Bezuidenhout met die oud-Arend- en Olifantspeler, Justin van Staden aangevul.

Van Staden, wie ook Varsitybekerrugby vir Tukkies gespeel het, begin Maandag in Nelspruit.
Die veelsydige speler, wie ewe tuis op heelagter en losskakel is, sou vanjaar Varsitybekerrugby vir die Madibaz speel en dan weer vir die Arende in die Eersteliga-kompetisie deelneem.
Die voormalige Merensky-leerder en die oud-Klofie, JC Roos is die Pumas se twee losskakels in die Vodacomkompetisie. Coenie van Wyk, wie ook ‘n opsie op tien is, oefen tans by die Leeus en sal waarskynlik in hul Superrugby-groep opgeneem word.
Van Staden het verlede jaar 139 punte in die Eersteliga aangeteken, die vierde meeste naas Bezuidenhout, Adriaan Engelbrecht en Scott van Breda.
Die Pumas speel eers op 1 Februarie wanneer hulle in Parys teen die Cheetahs se Superspan te staan kom en dan op 22 Februarie in Johannesburg teen die Leeus se Vodacomspan.
Dit is ‘n voorwedstryd vir die Leeus se eerste tuiswedstryd in Superrugby teen die Stormers.
Lees meer oor die Pumas se aanwinste:
The Steval Pumas are back for business
