Voormalige Puma sluit by Cheetahs aan
Die Cheetahs se Springbokflank Heinrich Brussow is minstens drie maande op die krukkerlys nadat hy ligament in ‘n toon geskeur het en sal eers beskikbaar wees nadat die Vrystaters oorsee getoer het.

Brussow is vandeesweek in Bloemfontein geopereer en een van die min beseerde spelers in die groep. Net SuperSarel Pretorius, die losskakel Johan Goosen en die heelagter Hennie Daniller sal nie Vrydagoggend se wedstryde onderskeidelik teen die Shimlas en Griekwas misloop.
Bokke soos Willie le Roux, Adriaan Strauss en Coenie Oosthuizen word van meet af ingespan.
Die Cheetahs span hul Blou Bul-aanwins Francois Venter dadelik op binnesenter in die uitsoekspan in om Robert Ebersohn se plek vol te staan. Hy kan egter strawwe teenstand van die Griekwa Howard Mnisi verwag.
Die Sewes-Bok Cornal Hendricks, wie na meer as ‘n jaar se toutrekkery uiteindelik by die Cheetahs is, begin op vleuel teen Griekwas.
Die jong Shane Gates van die OP Kings begin op heelagter teen die Griekwas in ‘n wedstryd wat die Cheetahs se diepte verder gesif sal word.
Die skrumskakel Shaun Venter en die flank Jean Cooke sal eers aan die einde van die maand fiks wees.
Behalwe vir ‘n paar posisies het die Cheetahs duidelik meer diepte.
*Die Cheetahs speel om 08:00 teen die Shimlas waarna die Vrystaat om 10:00 teen die Griekwas speel.
Cheetahs vs. Shimlas: Willie le Roux; Rayno Benjamin, Johann Sadie, Francois Venter, Raymond Rhule; Elgar Watts, Kevin Luiters; Philip van der Walt, Lappies Labuschagné, Boom Prinsloo, Francois Uys, Lood de Jager, Coenie Oosthuizen, Adriaan Strauss, Trevor Nyakane. Reserwes: Hercu Liebenberg, Rossouw de Klerk, Ligtoring Landman, Andries Ferreira, Oupa Mohoje, Inus Kritzinger, Riaan Smit, Cornal Hendricks, Shane Gates.
Vrystaat vs. Griekwas: Shane Gates; Cornal Hendricks, Piet Lindeque, Howard Mnisi, Norman Nelson; Riaan Smit, Inus Kritzinger; Hilton Lobberts, Oupa Mohoje, Rynier Bernardo, Ligtoring Landman, Andries Ferreira, Rossouw de Klerk, Ryno Barnes, Caylib Oosthuizen. Reserwes: AJ le Roux, Maks van Dyk, Chris Ehlers, Waltie Vermeulen, Martin Sithole, Kevin Luiters, Elgar Watts, Rayno Benjamin, Hennie Daniller.
– See more at: https://www.suparugby.com/pages/Default.asp?More=Cheetahs begin sonder Brussow – 14 Januarie 2014&FeatureID=21658&SectionID=22#sthash.ufZAWCnl.dpuf
