Skopboksers ry die medaljes in by kompetisie
Die Witrivier Skopboksklub het aan die Fight Day PDK-skopbokskompetisie in Middelburg gedurende Desember deelgeneem.

Die klub se lede het aan twee gevegte, die semi en “light continues” volgens hul verskeie gewigsklasse deelgeneem.
Vier van hulle het goue medaljes ontvang en die res het silver en brons
verwerf. Debbie van Tonder, Ashley Bethell en Wynand Kruger het elk twee goue medaljes gekry.
Linda van Staden het een goue medalje ontvang. Zander Viljoen,
Rymert Spreeth, Ruan Kruger en Sias Kruger het elk silver en brons gewen.
Michael Houston het met twee bronsmedaljes weggestap.
Gedurende 2014 beplan die klub om in samewerking met Lowveld Fight Club vier byeenkomste in die Laeveld te hou.
Daar is ook planne om aan die Great North-kompetisies deel te
neem. Twee graderings sal hierdie jaar plaasvind, naamlik die SA-proewe en die nasionale kampioenskappe.
