Local sportSport

Besoekers hard aan die oefen

Die Britse rugbyspan van Salford, Manchester noem hulself die Red Devils.

Hulle is ‘n baie uiteenlopende span – die een herinner jou aan die bleeksiel van ‘n karakter uit ‘n rolprent soos Spud, en die ander aan ‘n Japanese kryger met die tipiese bollatjie op die kop.
Die Engelse het op 5 Januarie in die sonnige Laeveld geland en oefen tans by Ingwenyama Conference & Sports Resort buite Witrivier.

Hulle vertrek op 21 Januarie waar hul eerste liga op 16 Februarie teen die Wakefield Wild Cats afskop.
Hierdie joernalis het die geleentheid gehad om Vrydag hul oefensessie by te woon. Dié manne geniet die hitte en het Sondag die omgewing gaan verken deur gholf te speel, vis te vang en selfs river rafting te doen.
Hulle vorm deel van die superliga en het sedert 1873 ses kampioenskappe en een uitdaagbeker gewen. Die AJ Bell Stadion, voorheen bekend as die Salford City Stadion in Barton-upon-Irwell, Eccles is hul tuisgrond.

Van hul teenstanders is die Bradford Bulls, die Gateshead Thunder en
die Warringtons.
“Ons het tans ‘n nuwe afrigter en eienaar en hulle doelwit is om die beste spelers te nader en vir hulle die beste geleenthede te bied,” sê
die spanbestuurder, Richard Hunwicks. Die breier, Brian Noble was die kaptein van die 1984 Great Britain-span en die enigste afrigter wat dit kon regkry om drie superliga-finaal te wen.

“Die fasiliteite is indrukwekkend en die diens uitstekend. Dit is ‘n relatiewe nuwe span en ons het juis hierheen getoer vir die weer, die standaard en spanbou.” Die span bestaan uit spelers van
Australië, Nieu-Seeland en Samoa.

‘n Totaal van 10 spelers het hul land in rugby verteenwoordig.
Die eienaar van Ingwenyama, Pieter de Jager, het groot planne
vir die sportsentrum.

“Ons is baie bevoorreg om spanne van dié gehalte hier by ons te hê. Ek het ‘n paar idees om die sentrum uit te brei om dit ‘n verdere hupstoot in die sportwêreld te gee.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Check Also
Close
Back to top button