Local sportSport

Het jy murg in jou pype?

Die legendariese fietsryer, Nico Bell gaan aan die Barberton XCM MTB-uitdaging deelneem.

So – het jy murg in jou pype om dié fietsryer wat tans KIA Bergfietsry se topryer is, uit te daag? Die wedren word deur Barberton Rotaryklub aangebied en vind op 25 Januarie op Hoërskool Barberton se gronde plaas en aanhangers het nog net drie dae oor om in te skryf.

Dit is geskik vir oud tot jonk en vir die meer gevorderde tot dié wat minder fiks is. Die prysgeld beloop meer as R50 000 – so die wat Kersfeesskuld graag wil af betaal, sal moet jaag dat dit klap.

Bell, ‘n oud-plaaslike ryer van Barberton en óók die eienaar van Bell’s Cycling, is deel van Team RE.CM wat ‘n hele paar bekende name soos Erik Kleinhans en Cherise Stander insluit.

‘n Ander bekende gesig is Gawie Combrinck. Die roete strek oor die skilderagtige Makhonjwa-berge met ‘n uitsig oor die De Kaap Vallei deur die natuurreservate, damme tot amper teen die grens van Swaziland.

‘n Hele paar nuwe enkelroetes is bygevoeg asook ‘n klompie watergate. Die uitmergelende roete vier vanjaar sy 18de bestaansjaar.

Diegene wat nie op ‘n saal tuis is nie kan na heerlike pret-aktiwiteite op die dag uitsien.

Afstande

• pretrit 20km

• half-marathon 45km

• marathon 75km

• ultra-marathon 120km

Vir die wat voor die tyd wil inskryf, kan die volgende adres volg – https://www.cycleevents.co.za

Navrae: Besoek www.barbertonxcm.co.za

Vir meer inligting aangaande verblyf en toeriste-aantreklikhede, skakel Astrid by 082-959-6670 of astrid@barberton.co.za of besoek www.barberton.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button